Category: Hockey

Voortrekker hokkie op wenpad

Voortrekker hokkie op wenpad met vier van BVHS se spanne  op pad Vrystaatbeker toe! Die 1ste, o/14A en o/16A meisiespanne het deurgedring na die Vrystaatbeker wat in Augustus plaasvind! Die 1ste seunsspan dring ook deur na die Vrystaatbeker. Om dit te kon verwesentlik, het hul in die Oos -Vrystaat liga-finaal 3 uit die 3 wedstryde teen Witteberg gewen. Die tellings is as volg: 1ste meisies 4-1 1ste seuns 3-1 2des 2-1 Die 3des het reeds die liga gewen na Derbywedstryd met 2-1. Baie geluk aan elke afrigter en speler. Julle harde werk is beloon. Sterkte met voorbereidings vir Vrystaatbeker. Trekkertrots...

Read More

Welkom Volkskool se Hokkie dogters

Hokkie vloei deur hulle are. Hierdie twee meisies van Welkom Volkskool weet presies waartoe hulle in staat is op die hokkieveld en daarom juis het hulle, hulle kanse ten volle benut en die keurders se harte warm laat klop. Levi Oehley en Kaylee Hall is opgeneem in die Noord-Vrystaat 0/12 hokkiespan wat gedurende die Junie-Julie skoolvakansie aan die Interprovinsiale hokkietoernooi te Krugersdorp gaan deelneem. Ons Volkies is baie trots op hierdie twee jong...

Read More

Welkom Volkskool se hokkie het weereens gewys waarvan hulle gemaak is

Welkom Volkskool se hokkie het weereens gewys waarvan hulle gemaak is. Hierdie meisies het met hart en siel op die hokkieveld geklim, hulle harte uitgespeel en daarom kan hulle met trots sê hulle is deel van die 0/12 Lejweleputswa hokkiespan. Hierdie meisies oefen tans hard om gedurende Augustus ‘n sukses van hulle toer na Vanderbijlpark te maak. Hulle is van links na regs:     Danika Smith, Mienke Nieuwenhuis, Jeané Venter en Megan Wepener. Ons as Volkies is baie trots oop hierdie passievolle...

Read More

Hoërskool Witteberg hokkie nuus

Na afloop van die semifinale wat gehou is Maandag en Dinsdag sal Witteberg se 1ste meisies, 1ste seuns en 2de meisies Saterdag (03/06) deelneem by Voortrekker aan die Oos-Vrystaat hokkie finaal. Maandag het Witteberg se 1ste seuns hulle semifinaal gehad teen Harriston en 1-0 gewen. Die 1ste meisies en 2de meisies het Dinsdag in die semfinaal teen Ficksburg gespeel. 1ste meisies wen 8-0 en tweede meisies wen 6-0. Vir die 1ste meisies en 1ste seuns is dit al wedstryd wat in hulle pad staan om deur te dring na die Vrystaatbeker. Ons wens hierdie spanne alle sterkte toe vir Saterdag!...

Read More

Bethlehem Voortrekker Hoërskool hokkie nuus

Bethlehem Voortrekker Hoërskool is trots op die volgende leerders wat gekies is vir die Noord-Vrystaat  hokkiespan.   Voor v/l:  Elri Corbett, Leandi Campher, Thalja de Jager, Nicole Anderson, Elmé Pretorius en Kelello Moloi Middel v/l:  Connie Faber, Madeleine Lamprecht, Derick Allison, Steffan Viljoen en Henro Botha Agter v/l:  Jean-Marie du Plessis, Janeli de Jager, Cleoné Maritz, Busiseka Malindi en Lereko...

Read More

Sports

Categories

Sports

Sports

Sports

Positive Quotes

“One small crack does not mean you are broken, it means that you were put to the test & you didn’t fall apart.”
– Linda Poindexter

Pin It on Pinterest