Category: Cricket

Primêre Skool Jordania in Bethlehem Krieket nuus

Johan Voster van Primêre Skool Jordania in Bethlehem het die afgelope Junie / Julie vakansie as deel van die skool se o/11 Krieketterspan in Standerton aan die Goldi Kriekettoernooi deelgeneem.  Dié toernooi word jaarliks deur Standerton Laerskool aangebied en verskeie skole van reg oor die land neem deel.  Johan is aangewys as die beste o/11 kolwer en ook beste o/11 speler van die toernooi.  Hy teken in 3 wedstryde twee honderdtalle aan en was ook nie uitgekery in enige van die wedstryde nie.  Teen Standerton Laerskool teken hy 123 nie uit nie aan en teen Laerskool Fochville kry hy...

Read More

Willem Postma krieket nuus

Baie geluk aan Rudolf Grobler en Waylin Daniels, hierdie twee manne is opgeneem in die  o/13 B Suid – Vrystaatkrieketspan wat tydens die Septembervakansie aan die toernooi in Sasolburg gaan deelneem. Baie sterkte met jul voorbereiding, geniet elke oomblik en hou Willem Postma se naam hoog. Berig:  Pieter Klindt Foto verskaf:  Hetta Steyn Van links:  Rudolf Grobler en Waylin...

Read More

Grey se krieketspelers blink uit

Vrystaat-krieket se toekenningsaand (Awards Evening), het onlangs plaasgevind en Grey Kollege se krieketspelers het behoorlik skoonskip gemaak van die toekennings in hulle ouderdomsgroep. Daarby het Raynard Van Tonder ook die toekenning vir die Senior Provinsiale Span se “Rookie” van die jaar gekry. Dis ‘n ongelooflike prestasie vir iemand wat verlede jaar nog op skool was. Foto:  CP Klijnhans  (o/17 speler van die jaar), Raynard Van Tonder (o/19 speler van die jaar), Marco De Kock (o/15 speler van die...

Read More

JF krieket nuus

Die eerste 2016/2017-krieketspan van JF het onlangs hul 15de wedstryd gespeel en was 11 keer onoorwonne. Dit is ‘n wenpersentasie van 73%.  Hulle wen die Sentraal T20-toernooi en reken af met Sentraal, Fichardtpark en Diamantveld.  In die liga wen hulle die eerste keer in 13 jaar vir Grey Kollege 2. Hulle verloor net een van hul ligawedstryde. Voor v.l.n.r:  Jaco van den Heever ;  Jeandré Strauss ; Delano Williams ; Dawid Redelinghuys ;   Vano Edem ; Hanro Taylor. Agter v.l.n.r:  Jason Forshaw ; Franco Pretorius ; AD Pretorius ; Kyle van Aswegen ; Hendri...

Read More

Topklas krieket deur Witteberg se 1ste span

Witteberg se 1ste Krieketspan het daarin geslaag om BVHS se 1ste span die 2de keer in 2 weke te klop op die krieketveld. Hierdie keer was dit in ‘n 50 boulbeurt geskeduleerde Noord-Vrystaat ligawedstryd. Die wedstryd is beslis op BVHS se veld en het plaasgevind skaars ‘n week nadat die 2 kragte van die Oos-Vrystaat mekaar trotseer het in ‘n T20 kragmeting waar Witteberg met die louere weggestap het. BVHS se kaptein Luan Kruger het die loot gewen besluit om eerste te gaan kolf. Die kolfblad was goed voorberei en het tekens van groot lopies getoon totdat Witteberg se...

Read More

Sports

Categories

Sports

Sports

Sports

Positive Quotes

‘Nothing you wear is more important than your smile.’ -Connie Stevens

Pin It on Pinterest