Category: Welkom Volkskool

Welkom Volkskool se netbaltrots.

Die 0/12 A netbalspan van Welkom Volkskool het al verskeie toernooie gewen gedurende hierdie jaar. Hulle het koning gekraai vroeër in die jaar tydens die Odensia Aandreeks. Op toer in Bloemfontein het hulle die ITEC en Laerskool Bloemfontein se netbaltoernooi gewen en nou gedurende die liga het hulle met Riebeeckstad, Aurora, Bedelia, Brandwag en Merriespruit afgereken. Tydens die Lejweleputswa uitspeelwedstryde het hulle met Dagbreek, Hoopstad en Virginia Volkskool afgereken en dus teen Merriespruit in die seme-finaal geseëvier om in die finaal teen Odensia te speel. Hulle het dit dus reg gekry om vir Odensia met vier doele te klop....

Read More

Welkom Volkskool se Hokkie dogters

Hokkie vloei deur hulle are. Hierdie twee meisies van Welkom Volkskool weet presies waartoe hulle in staat is op die hokkieveld en daarom juis het hulle, hulle kanse ten volle benut en die keurders se harte warm laat klop. Levi Oehley en Kaylee Hall is opgeneem in die Noord-Vrystaat 0/12 hokkiespan wat gedurende die Junie-Julie skoolvakansie aan die Interprovinsiale hokkietoernooi te Krugersdorp gaan deelneem. Ons Volkies is baie trots op hierdie twee jong...

Read More

Welkom Volkskool se hokkie het weereens gewys waarvan hulle gemaak is

Welkom Volkskool se hokkie het weereens gewys waarvan hulle gemaak is. Hierdie meisies het met hart en siel op die hokkieveld geklim, hulle harte uitgespeel en daarom kan hulle met trots sê hulle is deel van die 0/12 Lejweleputswa hokkiespan. Hierdie meisies oefen tans hard om gedurende Augustus ‘n sukses van hulle toer na Vanderbijlpark te maak. Hulle is van links na regs:     Danika Smith, Mienke Nieuwenhuis, Jeané Venter en Megan Wepener. Ons as Volkies is baie trots oop hierdie passievolle...

Read More

Welkom Volkskool se netbaldogters laat nie op hulle wag nie.

Welkom Volkskool se netbaldogters laat nie op hulle wag nie. Na afloop van die eerste rondte proewe het ons elf dogters gehad wat deurgedring het na die Lejweleputswa proewe. Hierdie meisies het hard gewerk en hulle harte uitgespeel en daarom juis is hulle opgeneem in die verskeie Lejweleputswa netbalspanne. Voor:  0/13 – Alicia Joubert, Marienette Maloney en Minke van Wyk. Agter:  0/12 – Danika Smith,  Ilke de Klerk, Britney Wasyliszyn, Nadia Myburgh en Cay-Lee Roets. Beide die 0/12 en 0/13 spanne neem nog deel aan die liga uitspeelwedstryde end it is juis ‘n teken van harde werk en deursettingsvermoë....

Read More

Categories

Positive Quotes

“One small crack does not mean you are broken, it means that you were put to the test & you didn’t fall apart.”
– Linda Poindexter

Pin It on Pinterest