Category: Hoërskool Witteberg

Johannes van Graan Hoërskool Witteberg

Johannes van Graan `n leerder aan Hoërskool Witteberg is een van 14 leerders uit 4600 deelnemers gekies vir die Computer Applications Olimpiade wat 4 Julie in Kaapstad aan die finale rondte gaan deelneem. Hy gaan daar ‘n 5ure vraestel skryf en dan word die wenner 5 Julie bekend gemaak. Prysgeld vir die wenner is R3000 en die skool kry ook R3000. Hy is ook die enigste Vrystater wat deur is na die finale...

Read More

Witteberg Redenaars Nuus

Witteberg lewer wéér top-gehalte sprekers by jaarlikse ATKV-kompetisie Stof ander top-skole praat-praat uit Die naweek van 9 en 10 Junie het die redenaars- en debatspanne van Hoërskool Witteberg aan die jaarlikse ATKV-Vrystaat eindrondes deelgeneem, wat by die Hoërskool Sentraal aangebied is. Witteberg stuur ’n allemintige 22 Huistaal- en Addisionele Taalredenaars, wat verteenwoordigers in die voorbereide en onvoorbereide kategorieë insluit. Dié leerders presteer uitsonderlik en Witteberg is trots om aan te kondig dat vyf van ons leerders deurdring na die Landsfinaal wat in Augustus by die ATKV Goudini-oord plaasvind.  Hulle is Johanné Heyns (graad 9) in die Huistaal Voorbereid kategorie,...

Read More

Hoërskool Witteberg hokkie nuus

Na afloop van die semifinale wat gehou is Maandag en Dinsdag sal Witteberg se 1ste meisies, 1ste seuns en 2de meisies Saterdag (03/06) deelneem by Voortrekker aan die Oos-Vrystaat hokkie finaal. Maandag het Witteberg se 1ste seuns hulle semifinaal gehad teen Harriston en 1-0 gewen. Die 1ste meisies en 2de meisies het Dinsdag in die semfinaal teen Ficksburg gespeel. 1ste meisies wen 8-0 en tweede meisies wen 6-0. Vir die 1ste meisies en 1ste seuns is dit al wedstryd wat in hulle pad staan om deur te dring na die Vrystaatbeker. Ons wens hierdie spanne alle sterkte toe vir Saterdag!...

Read More

Redenaars Semifinaal Hoërskool Witteberg

Witteberg spog vanjaar met 22 leerders wat deur is na die ATKV Redenaars Vrystaat/Noord Kaap Semifinaal. Hulle is van links voor; Lesta Barrie, relebohile Masa, Bongiwe Dlamini, Cheryl Motolo, Retshepile Letuka, Zilke Heyns, Stan-Lee Gunther, Inge Willemse, Chrizelle Minnie, Lufunu Xulu, Janneke Venter, Doré Mostert, Johanné Heyns, Ntsebeng Molefe, Erica Ekeji, Louis Breyntenbach, Chris Briel, Thabile Mokoena, Theunis Bredenkamp, Shannnon Freeman, Marnus Zaaiman en Janet...

Read More

Categories

Positive Quotes

“One small crack does not mean you are broken, it means that you were put to the test & you didn’t fall apart.”
– Linda Poindexter

Pin It on Pinterest