Category: Hoërskool Wilgerivier

HOËRSKOOL WILGERIVIER SAAI VERWOESTING – Tennis

HOËRSKOOL TENNIS: Die Eerste Dogterspan: ~Wen vanjaar die Oos-Vrystaat A-liga vir sekondêre skole! ~Wen Voortrekker, Bethlehem, se eerstespan met 17 spelle! ~Wen Witteberg, Bethlehem, se eerstespan met 21 spelle. Die Eerste Seunspan: ~Wen Voortrekker, Bethlehem, se eerstespan met 1 spel. Foto: vlnr:  Jan Hendrik Breytenbach, Marike Muller, HW Müller, Mareli Müller,Kobus Hattingh, Esthie van Heerden, Armand van der Walt en Lené...

Read More

HOËRSKOOL WILGERIVIER SAAI VERWOESTING – Netbal

Ons is baie trots op die leerlinge van Hoërskool Wilgerivier wat in vanjaar se Wintersportseisoen die een segetog na die ander behaal het. Die volgende statistiek getuig hiervan: HOËRSKOOL NETBAL: Die Eerstespan wen vanjaar die Fezile Dabi-liga en dring sodoende deur na die Vrystaat Kampioenskap! In vriendskaplike wedstryde teen Voortrekker se eerstespan en Welkom-Gimnasium se eerstespan verpletter die Wilgies dié “groot” skole met tellings van: Voortrekker:      30-28 Gimnasium:       49-34 Hierdie span het vanjaar skitterspel opgedis ter wille van die skool en hulle borg, wyle MNR. DOUW WENTZEL! Foto: Agter vlnr:  Me. Leandri van den Berg (afrigter), Bianca Tatarova, Mareli...

Read More

Tennis nuus vanaf Hoërskool Wilgerivier

Hoërskool Wilgerivier se Eerste Dogters Tennisspan het Hoërskool Witteberg met 21 spelle tydens die ligawedstryd gewen, terwyl die seuns- en dogtersspanne hulle ligawedstryde teen Voortrekker wen.  Hiermee palm die Eerste dogtersspan hulle liga vir die seisoen in!  Wat ‘n skitterprestasie! Mareli Müller wen haar daagwedstryd op die Oos-Tennisleer teen Diana Brussouw van Voortrekker met 6-1 en  6-3. Marike Muller wen haar daagwedstryd op die Oos-Tennisleer teen Lucé du Toit van Witteberg met 6-0 en  6-1. Frankfort se Tweede Dogters Tennisspan wen Reitz se Eerstespan met 3 spelle! Foto seuns & dogterspan: vlnr:       Jan Hendrik Breytenbach, Marike Muller, HW Müller, Mareli Müller, Kobus Hattingh, Esthie...

Read More

Rugby Nuus vanaf Hoërskool Wilgerivier

Die o/9 A-rugbyspan wen vanjaar se liga!  Hulle teken 291 punte aan met slegs 22 punte teen hulle.  Die span het aanskoulike rugby gespeel!  Baie geluk aan die spelers en hulle afrigters, menere Fanie van der Merwe en Wynand Erasmus. Agter vlnr:  Mnre. Wynand Erasmus en Fanie van der Merwe (afrigters). Hardus Venter, SJ Naude, DJ van Vuuren, HJ Pelster, John Stadler, Wessel Bibbey, Christiaan van Rooyen en MJ Hattingh. Voor vlnr:   Carydon Bibbey, Phaladi Matsole, Marnus Graaff, Wessel Hattingh, WD Koekemoer, DP Erasmus, Heinrich Ras en JG Madern. Die o/11 A-rugbyspan het ook vanjaar die liga met gemak gewen!  Hulle teken 288 punte aan (47 drieë)...

Read More

Categories

Positive Quotes

“One small crack does not mean you are broken, it means that you were put to the test & you didn’t fall apart.”
– Linda Poindexter

Pin It on Pinterest