Category: Fichies

Fichies se landloop kook

Fichies het die grootste groep Landloop-atlete. Juffrou Sanmari van der Berg (Afrigter) se entoesiasme en liefde vir die sport is baie aansteeklik.  Die atlete oefen baie hard en het baie goeie deursettingsvermoë . Hulle is baie entoesiasties tydens die voorbereiding vir die kwartaal se ligas. Hulle neem verskillende Vrydae aan ligas deel en doen sover baie goed. Ons hou styf duimvas vir die atlete. Hou bene...

Read More

Fichies se hartjies gloei warm

Fichies het hulle jaarlikse VCSV-GLOW-dag gehou met die Tema:  Heroes of Faith.  Daar was ongeveer 190 Graad 4-7 leerders betrokke.  Die doel van die Glow-dag is om die kinders op ‘n ouderdoms toepaslike manier te bedien met die Woord van God. Terwyl hierdie geestelike saadjie gesaai word het die kinders ook hope pret gehad.  Die kern van hierdie jaar was dat Jesus ons waarlike “Superhero” is en dat ons as Christene sy “warriors” moet wees.  Baie dankie vir al juffrouens, kerke, gemeentelede en diensjaargroepe wat die dag so spesiaal gemaak het.  Fichies gloei warm vir...

Read More

Fichies spog met Motheo-Netbalspelers

Fichies het 3 dogters wat verkies is tot die 0/12-Netbalspan en 4 dogters wat verkies is tot die 0/13-Netbalspan.  Hulle gaan nou kompeteer vir ‘n plek in die Vrystaat-spanne. Julle hou Fichies se naam hoog! Baie geluk aan julle almal! 0/12 – Martelize Swart, Mckayla van der Walt en Petroné Fourie. 0/13 – Nicolé Taljaard, Juanita Kruger, Sunélca McMahon en Kate-Lynne...

Read More

Fichie-Graad R’e se Ouma-en Oupadag reuses sukses

Fichies se Graad R’e het hulle jaarliks Oupa-en Oumadag gehad.  Daar was 29 tafels en ongeveer 290 oupa’s en ouma’s teenwoordig. Die gasvrouens was oorspronklik, kreatief en goed voorbereid met hulle lekker smulgoed en natuurlik die beroemde boeretroos (koffie) wat op die tafels aangebied is.  Juffrou Madelyn van Wyk (Graad R se hoof) is baie trots op haar juffrouens en die deeglike voorbereiding wat goed sigbaar was.  Die Graad R-maatjies het op die musiek van spiderman, my ouma en vele meer hulle lyfies geswaai en heerlik saamgesing.  Zak Steyn het deurlopend gesorg vir die vermaak en het sodoende ‘n...

Read More

Fichie-Personeel blink uit op Netbal se bestuur

Fichies se harte klop warm as ons personeel so goed presteer.  Baie geluk aan die juffrouens wat verkies is tot die Motheo-Laerskool netbal se bestuurspan. Juffrou Anita Chad is die 0/12 Netbalkeurder en is in beheer van die proewe. Juffrou Teresa Schnetler is die ondervoorsitter en ‘n 0/13 netbalkeurder. Juffrou Rika Stevenson is die netbal se sekretaresse en 0/13...

Read More

More about Fichies

Click the Image More about Fichies in Bloemfontein









Categories

Positive Quotes

“One small crack does not mean you are broken, it means that you were put to the test & you didn’t fall apart.”
– Linda Poindexter

Pin It on Pinterest