Category: Fichies

Fichies-Graad R se hart is groot

Die Graad R’e het dit goed gedink om by die projek “Streetstore”   betrokke te raak en ou-klere in te samel vir minder bevoorregte mense.  Die Graad R-maatjies het gewoeker met die projek en sommer sakke-en-sakke vol klere geskenk vir die skool.  Baie dankie vir almal wat bygedra het tot die projek.  Fichies maak definitief ‘n positiewe verskil in die...

Read More

Fichies se Graad R –hoof verjaar

Fichies was baie opgewonde oor hulle verjaarsdag-maatjie. Juffrou Madelyn van Wyk (Graad R-hoof) het verjaar en die Graad R’e se gesiggies het gestraal van opgewondenheid. Die maatjies het vir haar ‘n erewag gestaan met kleurvolle linte in hulle hande. Op die noot van lekker musiek het die maatjies “Veels geluk liewe juffrou” gesing en lekker hande geklap. Al vier die klasse het baie unieke en spesiale kaartjies gemaak van hulle vingerafdrukke wat omskep is in individuele mannetjies. Mag die Here juffrou nog lank vir Fichies...

Read More

Fichies se landloop kook

Fichies het die grootste groep Landloop-atlete. Juffrou Sanmari van der Berg (Afrigter) se entoesiasme en liefde vir die sport is baie aansteeklik.  Die atlete oefen baie hard en het baie goeie deursettingsvermoë . Hulle is baie entoesiasties tydens die voorbereiding vir die kwartaal se ligas. Hulle neem verskillende Vrydae aan ligas deel en doen sover baie goed. Ons hou styf duimvas vir die atlete. Hou bene...

Read More

Fichies se hartjies gloei warm

Fichies het hulle jaarlikse VCSV-GLOW-dag gehou met die Tema:  Heroes of Faith.  Daar was ongeveer 190 Graad 4-7 leerders betrokke.  Die doel van die Glow-dag is om die kinders op ‘n ouderdoms toepaslike manier te bedien met die Woord van God. Terwyl hierdie geestelike saadjie gesaai word het die kinders ook hope pret gehad.  Die kern van hierdie jaar was dat Jesus ons waarlike “Superhero” is en dat ons as Christene sy “warriors” moet wees.  Baie dankie vir al juffrouens, kerke, gemeentelede en diensjaargroepe wat die dag so spesiaal gemaak het.  Fichies gloei warm vir...

Read More

Fichies spog met Motheo-Netbalspelers

Fichies het 3 dogters wat verkies is tot die 0/12-Netbalspan en 4 dogters wat verkies is tot die 0/13-Netbalspan.  Hulle gaan nou kompeteer vir ‘n plek in die Vrystaat-spanne. Julle hou Fichies se naam hoog! Baie geluk aan julle almal! 0/12 – Martelize Swart, Mckayla van der Walt en Petroné Fourie. 0/13 – Nicolé Taljaard, Juanita Kruger, Sunélca McMahon en Kate-Lynne...

Read More

More about Fichies

Click the Image More about Fichies in Bloemfontein









Categories

Positive Quotes

"The happiest people don't have the best of everything, they make the best of everything."

Pin It on Pinterest