Die volgende spanne en leerlinge het die afgelope seisoen besonder goed presteer.  Van die leerlinge is vir spanne geskies wat tydens die wintervakansie hul staal teen ander provinsies gaan toon.

Foto Bo

Groepfoto van die groot aantal seuns in die Hoërskool wat tydens die Junie vankansie aan provinsiale weke gaan deelneem.

GRIFFONS 0/16 PLATTELAND

Hierdie leerders gaan vanaf 28 Junie – 2 Julie in Vanderpijlpark teen ander provinsiale spanne meeding.

SAM_3484 - Bothaville 4

VLNR:  Marnus Klopper, Wian Otto, Willem van der Merwe, Jurie Viljoen en Bryon Fulton.

 

0/16 SANDVELD

Hierdie twee leerders gaan gedurende die Junie vakansie in Frankfort teen ander provinsiale spanne kragte meet.

SAM_3479 - Bothaville

Morkel Terblanche en Ruben Jooste

 

0/19 SANDVELD

Hierdie drie leerders gaan gedurende die Junie vakansie in Reitz teen ander provinsiale spanne kragte meet.

SAM_3480 - Botha ville

Jane-Pierre Korkie, Thato Mojaki, Armand van der Merwe.

GRIFFONS  PLATTELAND AKADEMIE

Drikus Klopper gaan vanaf 5 – 9 Julie in Vanderpijlpark teen ander provinsiale spanne sy staal wys.

SAM_3489 - Bothaville 7

NETBAL

Die 0/15 netbaldogters het hulle voorwaar goed van hul taak gekwyt en het tydens vanjaar se liga derde in die Lejweleputswa streek geïndig.  Hulle moes selfs kragte meet teen skole soos Goudveld en Gimnasium om hierdie uitstekende prestasie  te bereik. In die finale kragmeting het hulle teen Welkom High gewen en dus in die derde posisie geland.

SAM_3477 - Bothaville

Agter  Mev. J.Nice, Bianca van der Merwe, Hestrie Muller,  Juané Zaayman, Frané de Beer en  Mev. E.Schoeman

Voor:  Bontle Chologi, Minette van der Merwe, Marinda Botma, Jané Haarhoff,  Alichia Botha

GHOLF

Jane-Pierre Korkie het op buite kurrikkulêre gebied besonder goed in gholf presteer.  Hy is opgeneem in die Vrystaat Sentrale gholfspan.

SAM_3490 - Bothaville 5

Baie geluk aan al die leerders en hul ouers met die uitsonderlike prestasies.  Baie sterkte vir die wintersport wat tydens die vakansie plaasvind.