Op foto bo: Daniel Marais en Mias Venter

Die Blouskool-tradisie is dat die Gr 12’s hulle skoene skenk aan die skool as hulle klaar geskryf het!. Hier is van ons leerders wat hulle skoene uitgetrek het en in die houer gegooi het. Sommige leerders het baie meer as net hulle skoene gegee…die klere het ook gewaai!! Dankie aan elkeen vir die mooi gebaar.