Nicola Lategan van Hoërskool Kroonstad se prestasies rondom haar perde-sport.

Nicola Lategan is ‘n leerder van die Blouskool in Kroonstad. Sy is gekies vir die Vrystaat A SANESA span vir Hoërskole vlak 4.
Dit is vir Suid-Afrikaanse Western Mounted Games. (SAWMGA)

Die nationale Kampioenskappe is van 30 September tot 2 Oktober 2017 gehou.
Daar is in 12 items meegeding waarvan Nicola 4 eerste plekke, 2 derde plekke en een vierde plek behaal het.
Sy is dan ook aangewys as die algehele wenner van die Hoërskole Vlak 4 (dus eerste in Suid Afrika vir die vlak)

Die Vrystaat A span waarvan sy deel was was dan ook algeheel tweede in Vlak 4 Hoërskole.

Vir die ope afdeling waarin aale ouderdoms groepe deeldeem is sy opgeskuif van vlak twee na vlak 3 en in vlak 3 dan ook algeheel 9e ge-eindig van 78 ruiters.
Van alle ruiters wat aan die Nasionale Kampioenskap deelgeneem het (355 ruiters) was sy dan algeheel 42 in Suid Afrika.
Nicola word deur Simone Spies afgerig.