Vanaf 2016 breek daar ʼn nuwe tegniese era aan by Bloues.

Tegniese vakke word beskou as skaars vaardigheidsvakke. Tans kan Suid-Afrika nie voorsien in die behoefte aan opgeleide vakmanne nie. Die opleiding van vakmanne op skool word as ʼn dringende prioriteit beskou deur die Nasionale Ontwikkelingsplan van die regering.

Die tegniese studierigting bied die volgende vakkeuses aan tot op die vlak van ‘n N3 kwalifikasie: Met ander woorde verlaat ʼn graad 12 leerder aan die tegniese been die skool met ʼn N3 kwalifikasie.

Wiskunde / Tegniese Wiskunde

Fisiese Wetenskap / Tegniese Wetenskap

Ingenieursgrafika en Ontwerp

Kies EEN van die volgende SEWE tegniese vakrigtings:

Elektriese Tegnologie:

Elektriese Tegnologie of Elektroniese Tegnologie

Meganiese Tegnologie:

Motorwerktuigkunde

Pas & Draai

Sweis & Metaal

Siviele Tegnologie

Houtbewerking

Loodgieterswerk

Konstruksie

Bloues beskik oor al die fasiliteite om hierdie vakke te kan  aanbied. Daar is reeds 5 tegniese onderwysposte vir Hoërskool Kroonstad vir 2016 goedgekeur.  Ons bied nog steeds ‘n akademiese en ʼn landboustudierigting aan.

 Blouskool is voorwaar die alles-in-een skool!