Bloues het aan die Funi Claassen Atletiekbyeenkoms in Frankfort gaan deelneem op 27 Januarie 2016. Die atlete het puik presteer en Hoërskool Kroonstad spog met die volgende hoeveelheid medaljes. Goud: 17,  Silwer: 10 en Brons: 9. Bloues het ook 6 nuwe rekords gebreek tydens die byeenkoms.

Op die foto bo is Elmar van Aardt in aksie tydens 80m waar hy goud gewen het met ‘n tyd van 9.66 wat ook ‘n nuwe record is. Hy het ook goud gewen met die 150m met ‘n tyd van 17.80.