Met die afgelope Oos Vrystaat atletiekbyeenkoms van 18 Februarie skitter Bethlehem Voortrekker se atlete.  Verskeie atlete eindig onder die top 50 met Wynand Swanepoel wat eerste eindig op die Top 50 en aangewys word as die beste atleet op die byeenkoms.

Voortrekker het 90 atlete wat kwalifiseer om aan die Vrystaat Interhoër atletiekbyeenkoms op 3 /4 Maart in Bloemfontein deel te neem.

Voor v/l:  Lené Bester, Ismarie Bouwer, Nicolene Cronje, Bianca Lessing, Chinell Becker

Agter v/l:  Anria Jansen Van Vuuren, Tiisetso Mofokeng, Wynand Swanepoel,  Hannes Kruger, Cara van Wyk, Uzan Slabbert, Ané van der Merwe