Beate Boshoff, ‘n Graad 8 leerder aan Bethlehem Voortrekker Hoërskool word as wenner aangewys in die hoërskool afdeling van die Grahamstown se nasionale musiekkompetisie .  ‘n Besondere prestasie vir ‘n Graad agt leerder wie moes meeding teen veel ouer kompetisie.  Beate was in 2014 die wenner van die PH Moore musiek kompetisie en ‘n finalis in verskeie nasionale kompetisies.  Sy ontvang in 2015 ook die Hennie Joubert prys vir ‘n besondere prestasie in die Unisa Graad 3 teorie eksamen waarvoor sy 100% behaal.  Beate beoog ‘n loopbaan as konsertpianiste en die groot konsertverhoë wink ongetwyfeld vir haar.