Author: Stefan Van Biljon

Witteberg Redenaars Nuus

Witteberg lewer wéér top-gehalte sprekers by jaarlikse ATKV-kompetisie Stof ander top-skole praat-praat uit Die naweek van 9 en 10 Junie het die redenaars- en debatspanne van Hoërskool Witteberg aan die jaarlikse ATKV-Vrystaat eindrondes deelgeneem, wat by die Hoërskool Sentraal aangebied is. Witteberg stuur ’n allemintige 22 Huistaal- en Addisionele Taalredenaars, wat verteenwoordigers in die voorbereide en onvoorbereide kategorieë insluit. Dié leerders presteer uitsonderlik en Witteberg is trots om aan te kondig dat vyf van ons leerders deurdring na die Landsfinaal wat in Augustus by die ATKV Goudini-oord plaasvind.  Hulle is Johanné Heyns (graad 9) in die Huistaal Voorbereid kategorie,...

Read More

Welkom Volkskool se netbaltrots.

Die 0/12 A netbalspan van Welkom Volkskool het al verskeie toernooie gewen gedurende hierdie jaar. Hulle het koning gekraai vroeër in die jaar tydens die Odensia Aandreeks. Op toer in Bloemfontein het hulle die ITEC en Laerskool Bloemfontein se netbaltoernooi gewen en nou gedurende die liga het hulle met Riebeeckstad, Aurora, Bedelia, Brandwag en Merriespruit afgereken. Tydens die Lejweleputswa uitspeelwedstryde het hulle met Dagbreek, Hoopstad en Virginia Volkskool afgereken en dus teen Merriespruit in die seme-finaal geseëvier om in die finaal teen Odensia te speel. Hulle het dit dus reg gekry om vir Odensia met vier doele te klop....

Read More

Fichies-Netbal Bloemfontein se beste

Fichies-Netbal Bloemfontein se beste Fichies se Eerste-netbalspan spog elkeen met ‘n goue-medalje om hulle nek. Hulle is amptelik aangewys as die beste 0/13-Netbalspan in Bloemfontein.  Juffrou Anita Chad (Afrigter) en Juffrou Suné Steyn (Spanbestuurder) was saam met die spelers bly.  Hulle neem die 16de en 17de Junie in Kroonstad aan die Vrystaat-kampioenskappe deel. Fichies se harte wil bars van trots.  Knap...

Read More

Rooiskool se Vroue oggendtee

Ons skool is geseën met Kroonstadters wat vir ons help om more se damesoggend suksesvol te laat afloop. Baie van die dames wat vir ons die tafels uit hulle eie sak dek en die eetgoed maak, het geen verbintenis met Rooiskool nie, behalwe om lojale Kroonstadters te wees. Dankie aan elke dame wat iets doen of bydra om van Saterdag ‘n sukses te maak. Dankie ook aan die manne wat help om die dames se taak ligter te maak. Spesiale dank aan Stephan en Veronica van Pick ‘n Pay Panorama Plaza vir die groot borg om Hannes van Kwêla...

Read More

Positive Quotes

“One small crack does not mean you are broken, it means that you were put to the test & you didn’t fall apart.”
– Linda Poindexter

Pin It on Pinterest