Die ATKV het ‘n musiekontwikkelingsprojek by Staatspresident Swart in Brandfort gehou, waar hul kinders leer dat hul met eenvoudige apparaat musiek kan maak.

Leerders moes elkeen ‘n blik en stokke saambring skool toe en die projek is gelei deur Riaan van Rensburg.  Leerders het heerlik trom gespeel in die saal en elke oomblik geniet.