Annchen Weihmann, ‘n leerder van Laerskool Truida Kestell op Bethlehem bewys weereens haar durf in Karate.

Sy het in Durban aan die SA Elite nasionale kampioenskap deelgeneem en Goud verwerf in in Kata. Annchen bewys hiermee haar toewyding en uithouvermoë en word beloon met dié pragtige prestasie.

Die skool en gemeenskap is baie trots op haar.