Robin Hood sou moontlik sy moses teëgekom het teen Altus Aucamp van Grey Kollege in Bloemfontein. Hierdie 16 jarige (gr.10) seun het pas teruggekom vanaf Argentinië, waar hy Suid-Afrika verteenwoordig het in boogskiet tydens die Wêreldkampioenskappe.
Hy het 5de in die spanskiet geëindig, asook algeheel 17de in die individuele skiet.
Om sy Protea-kleure te verwerf vanjaar en Suid-Afrika te verteenwordig in Argentinië, was beslis die hoogtepunt van sy lewe sover.
Ander hoogtepunte vir 2017 is die feit dat Altus die nasionale kampioenskappe vir veldskiet, sowel as binneshuise skiet gewen het!
Hy het ook twee nuwe binneshuise gebreek en drie nuwe veldrekords laat spat!

Boogskiet is ‘n baie gekompliseerde sport en dit is beslis nie enige iemand wat die vermoë het om hierin uit te blink nie.
Altus het reeds op die ouderdom van 3 jaar begin skiet nadat sy pa vir hom ‘n plankbogie gekoop het en hy op die plaas voëls begin skiet het.

Daarna het die opwinding verdwyn en hy het eers in 2012 op die ouderdom van 11 jaar weer begin, nadat hy ‘n “compound” boog as ‘n geskenk gekry het.

Vyf jaar later en sy toewyding en harde werk, asook passie vir boogskiet, maar van hom ‘n internasionale deelnemer aan hierdie sport.

Altus oefen elke dag by die huis of by die TEMPE boogskiet klub en skiet tussen 100 en 150 pyle.
Om betrokke te raak by die sport kan mense na ń boogskietklub (Tempe) toe gaan en met die bestuurder praat.