“EMILY HOBHOUSE WOLBOM”

Indien jy nie weet wat om te doen op Erfenisdag, dit is nou Donderdag 24 September, en jy is lief vir Geskiedenis, dan is die Vrouemonument  in Bloemfontein die plek om te wees.

Daar is ‘n vol program wat aangebied word. Die sogenaamde Emily Hobhouse Wolbom wat in samewerking met die Oorlogsmuseum van 08:00 tot 17:00 aangebied word, is besaai met heelparty interresanthede en dit sluit in ‘n lesing oor Emily Hobhouse en ‘n DVD oor die Vrouemonument.

Daar sal ook 550 gehekelde komberse uitgepak word oor die oppervlakte van die Vrouemonument en saam met dit word daar hekelklasse aangebied teen slegs R30,00. Indien jy nie weet waar en wat om te koop vir dié lesse nie, daar is beginnerspakke te koop by die Vrouemonument dieselfde oggend.

So tussen die hordes kosstalletjies en springkastele vir die kinders wat daar opgerig gaan word, sal gehekelde items te koop aangebied word en ‘n amptelike oorhandiging van die “Monument-kombers” word aan die Oorlogmuseum gedoen.

Wat sal so ‘n dag vol geskiedenis wees sonder boeremusiek en daarvoor is die Boeremusiekgulde daar en Volkspele word ook aangebied.

Volgens die organiseerders is dié dag vir die familie, oud en jonk om terdeë te gaan geniet.

Hulle versoek ook die publiek om steeds aan te hou en selfs nou betrokke te raak, indien jy nog nie is nie, byvoorbeeld, borg ‘n kombers, skenk wol of hekel saam. Blokke moet 20 sentimeter x 20 sentimeter wees met die sogenaamde dubble knit wol. Komberse van enige grootte en kleure is welkom.

Vir meer inligting kontak vir: Bettie 0828295952 of bettie@cpiworld.co.za of Veronica 0820401520