Gr. 7 MONDELING:

Hoe haal ‘n mens ‘n graad 7 uit sy gemaksone?  Laat hulle mondeling praat oor iets waarvan hulle niks weet of veronderstel is om te weet nie.  Die opdrag, ‘n instruksionele teks.  Vertel ons meisies hoe om ‘n noodwiel aan te sit, wors te maak, ‘n bok af te slag.  Seuns: Hoe om pannekoek te bak, ‘n tafel vir vier te dek of om “strepies” in iemand se hare te sit.

Hulle het nie vir die uitdaging geskrik nie en met die jagseisoen op hande kan u maar van die Gr. 7 meisies nader trek.  JD Grobler (foto regs) het ‘n lieflike tafel gedek en Handré du Toit (foto links) weet hoe om jou “kapsel” te verfraai.  Sy taalonderwyser het amper ook ‘n pers insetsel gekry.