Baie geluk aan Mev Louise Coetzee!

Die naweek van 13 – 14 Mei 2016 neem sy deel in die 40ste SA Meesters Atletiek kampioenskappe op die Pilditch Stadion te Pretoria. Sy verwerf ‘n goue medalje in die worpe vyfkamp, diskus en massagooi. Sy verwerf ook ‘n silwer medalje in gewigstoot en spiesgooi en brons in hamergooi. Saterdagaand, 14 Mei, ontvang sy haar Nasionale Kleure in Meesters-Atletiek.

Ons is ongelooflik trots!

Mev Louise Coetzee is Adjunkhoof by Welkom-Gimnasium.