About Schools That Rock Free State

STEFAN VAN BILJON

Stefan van Biljon is gebore en getoë in Bloemfontein en was in Fichardtpark Laer- en Hoërskool.Vermaak, en bemarking was altyd groot voorliefdes en na skool het hy hom eers deeltyds by Radio Oranje aangesluit en is later aangestel as ateljee tegnikus waar hy dag tot dag “programming” gedoen het en opnames gemaak het.

In 2001 begin hy sy eie besigheid, Creative Kilowatt Productions, wat primêr kunstenaars bemark het en ook dan vir hulle die klank en beligting vir hulle vertonings verskaf.

Schools that Rock Freestate - Stefan Van Biljon

Stefan Van Biljon

(E): stefan@schoolsthatrock.co.za
(T): +27 82 859 5988

Die besigheid het die bemarkingsbeen afgeskud en voltyds gefokus op die tegniese kant van die vermaaklikheids-industrie. Hulle verskaf tans alle fasette van funksies, korporatiewe funksies en konserte.

Deur die laaste 15 jaar het hy die belangrikheid van bemarking meer en meer besef, veral met moeiliker ekonomiese omstandighede en groeiende kompetisie.

“Uit die oog, Uit die hart” is seker die maklikste om bemarking vandag op te som!
Jy kan dit nie genoeg benadruk dat mense MOET weet dat jy in besigheid is EN BLY.
Volgens Stefan ‘rock’ die Vrystaat-skole!