Beide die A en B spanne van Rooies het die Noord-VRYSTAAT HOËRSKOLE GHOLFLIGA gewen.

In die A-afdeling het Rooies met 5 ligapunte geëindig voor sy naaste teenstaander. In die B afdeling het Rooies gemaklik met 7,5 punte gewen Die B-span het bestaan uit: W.J. Oosthuizen (kapt.), Noël Els, Luigi de Crescenzo, Stephan du Plessis, Matthew Deyzel.

Met die aankondiging van die NOORD VRYSTAAT span wat SA TOERNOOI toe gaan het die eer die Rooies te beurt geval dat al 4 die A-span spelers gekies is vir die span. Franco Froneman (kapt.) Ge-rico Muller Charl Oosthuizen en Kobus du Preez het almal top 8 geëindig en is ingesluit in die span.

Die laaste trofeë het ook na Rooies gegaan toe Franco Froneman gekroon is as Noord Vrystaat kampioen met n uitstekende gemiddeld van 36,25 per rondte.

Foto’s geneem deur Jaco Froneman:

Foto van A-span (heel bo): Ge-rico Muller, Kobus du Preez, Franco Froneman en Charl Oosthuizen

Foto van B-span (onder): W.J. Oosthuizen, Luigi de Crescenzo, Stephan du Plessis, Noël Els

ROOIES B-SPAN GHOLF

Foto: Franco Froneman (onder) – Noord-Vrystaat kampioen met ‘n gem. van 36.25 per rondte

ROOIES FRANCO FRONEMAN