Twee leerlinge van Hoërskool Reitz het puik presteer, tydens die Vrystaat Dans Kampioenskappe wat op 13 en 14 Mei in Welkom plaasgevind het.  Hierdie broer/suster kombinasie het dan ook weereens hul Vrystaat klere in Dans verwerf.

Hier is die twee se prestasies:

Armand Pretorius:  Hip Hop (Goud), Musical Teater (Goud), Tap (Silwer), Modern (Silwer).  Hy wen ook die trofee vir “Beste Hip Hop 17 tot 19 jaar”, asook die trofee vir “Tweede plek in Musical Teater 17 tot 19 jaar”.  Hy word ook aangewys as die algehele Tweede plek Wenner 17 tot 19 jaar (hiervoor moes dansers aan ten minste 3 style deelneem).

Luné Pretorius:  Hip Hop (Goud), Musical Teater (Goud), Tap (Silwer), Modern (Silwer).  Luné wen ook die Trofee vir “Tweede plek in Musical Teater 13 tot 14 jaar”.  Sy word ook aangewys as die algehele Tweede plek wenner 13 tot 14 jaar (hiervoor moet dansers aan ten minste 3 style deelneem).

Op die foto bo is die twee begaafde dansers van links:  Armand Pretorius en Luné Pretorius.