Voortrekker het die jaar vir die eerste keer deelgeneem aan die jaarlikse skole bergfiets toernooi wat oor vier byeenkomste gestrek het. Voortrekker eindig soos volg (State de Gold – 3de, State de River – 2de, State de Rose – 3de en State de Cherry 4 de).

Gedurende die State de Cherry eindig Ettienne Martin 3 de in die Junior afdeling. Na die afloop van die reeks is Muhammed Kadwa gekies vir die Vrystaatspan en Voortrekker die kans gegun om aan die Spur nasionale skole bergfiets te Bekker Hoërskool in Magaliesburg te gaan deelneem.

VOORTREKKER VRYSTAAT BERGFIETS

Ettienne Martin tydens die Nasionale kompetisie

Daar neem 40 skole deel en altesaam 400 ryers. Skole sluit groot name in soos Menlo, Grey Bloemfontein, Paul Roos Gimnasium en paar skole van Zimbabwe, Zambia en Namibia.

Voortrekker se ryers leer ongelooflik baie tydens die reeks en vir die eerste keer dat ons deelneem vaar Voortrekker uitstekend.

Ettienne Martin eindig 46 ste in Junior afdeling. Julian Goldmann, Jaco Odendaal, Pieter Odendaal, Muhammed Kadwa en Chris Snyman neem ook deel.

VOORTREKKER BERGFIETS MAGALIESBURG

Julian Goldmann

Tydens Vrystaat fietsry prysuitdeling funksie ontvang Voortrekker die 2de plek in die Vrystaat na Grey College in seuns afdeling en 1 ste plek in die gemengde afdeling, baie goeie prestasie en iets om op voort te bou.

Voortrekker wil elke ryer, ouers en ondersteuner hartlik bedank vir die seisoen. ‘n Groot dank aan Maluti fietsryklub, Jacques Nel en Emile Cronje (Robcorn Motors Frankfort)  vir die hulp en borg van ons fietsry hemde.  Bergfiets is besig om te groei in die Oos-Vrystaat en Voortrekker is trots om deel te wees van die sport en die bevordering daarvan in die Oos Vrystaat.

VOORTREKKER FIETSRYERS IN GEBORGDE KLERE

Ryers in geborgde klere tydens nasionale kompetisie in Magaliesburg.